Die Noord-Kaapse polisie het ‘n 27-jarige man in hegtenis geneem vir die handel in dwelms in Kuruman.
Daar word berig dat lede van Kuruman K9 en Kuruman misdaadvoorkomingseenheid ‘n huis deursoek het nadat hulle ‘n wenk ontvang het.
Met deursoeking van die huis het die lede op 190 tikpype tik ter waarde van R16 260-00, mandrax-tablette ter waarde van R9 000-00 en ‘n onbekende bedrag kontant beslag gelê.
Die verdagte sal binnekort in die Kuruman-landdroshof verskyn.
Die waarnemende JTG-distriksbevelvoerder, brigadier Johnny Besnaar, het Kuruman K9 en Kuruman misdaadvoorkomingslede geprys vir hul toewyding om te verseker dat dwelmhandelaars gearresteer word.