As dit jou nuwejaarsvoorneme is om van al die oortollige vetjies ontslae te raak of as jy net gesonder wil eet, is daar maniere om by jou doelwitte te hou terwyl jy uiteet of net saam jou hartsmense kuier.
As jy ‘n gesonde drankiekeuse wil maak, hou by onversoete tee.
In plaas daarvan om een hoofgereg te bestel, bestel eerder twee voorgeregte. Hierdie kleiner geregte sal voorkom dat jy jouself ooreet en voorkom dat jy na die tyd jou polse wil afkou en jouself sommer aan ‘n hele sjokoladekoek vergryp.
As jy regtig lus is vir daardie heerlike pastagereg, vra dat die helfte daarvan in ‘n wegneemhouer gesit word. Dit sal sorg vir aandete vir die volgende aand.
Kies geregte met ‘n tamatiebasis, in plaas van romerige of kaassouse. Dit help beslis om die kalorieë en vet-inhoud van jou maaltyd te verminder.
Vermy buffette. Die verskeidenheid geregte lei jou net in die versoeking, en wie kan dan nou nee sê vir die verskeidenheid lekkernytjies.
Vermy leë kalorieë en versoete drankies. Verdun witwyn met vonkelwater om ‘n spritzer te maak en vermy skemerkelkies, selfs mocktails, omdat dit met baie suiker gemaak word.
As jy ‘n gesonde drankie keuse wil maak, hou by water, onversoete tee of afgewaterde vrugtesap.
Kies vleis wat gebak of gestoom word en nie gebraai is nie. Bruinrys is ‘n gesonde alternatief vir tradisionele wit rys, versoek dit waar moontlik.
Oefen gereeld, veral op die dag wat jy beplan om uit te eet, aangesien oefening nie net kalorieë verbrand nie, maar jou eetlus aan bande lê.