Skip to main content

Die Polisie glo die liggaam van die Franse vrou wat verlede maand langs die N12 gevind is, is elders vermoor.

Dié 45-jarige me. Lia Adeline is na alle waarskynlikheid elders vermoor, waarna haar liggaam op geheimsinnige wyse in die stormwatersloot digby Delmas beland het.

“Tydens die ondersoek by haar woning in Crystalpark, Benoni, kon die ondersoekbeamptes geen aanduidings of bewyse vind van ’n struweling of bloed op die toneel nie,” het Kapt. Carla Hartley, mediawoordvoerder vir die Delmas Polisie, gesê.

Haar liggaam het vir bykans ’n maand as ’n onbekende vrou in die lykshuis op Delmas gelê.

Binne enkele ure nadat die profiel van ’n vermiste persoon op sosiale media verskyn het, is haar liggaam positief uitgeken as dié van Me. Lia Adeline.

Familielede, vergesel deur lede van die Seychelles Hoë Kommissie, het reeds in November bevestig dat die liggaam, dié van me. Lia Adeline is.

Leave a Reply