Wetenskaplikes sê hulle het heeltemal toevallig die grootste fossiel ooit van ‘n reuse-duisendpoot op ‘n strand in Northumberland ontdek, berig Jonah Fisher, ‘n omgewingskorrespondent.
Die duisendpoot, bekend as Arthropleura, is vermoedelik meer as 8 voet (2,5 m) lank. Dit sou dan omtrent 50 kg geweeg het.
Die fossielsegment is die eerste keer in 2018 opgemerk toe ‘n groot blok sandsteen op ‘n strand by Howickbaai verbrokkel het, en sal volgende jaar in Cambridge se Sedgwick-museum vertoon word.
“Dit was ‘n totale toevallige ontdekking,” sê dr Neil Davies, van Cambridge se Departement Aardwetenskappe, wat die 75 cm lange fossiel, ‘n deel van die oorspronklike duisendpoot, ontleed het.
“Toe die rots geval het, het dit oopgebars en die fossiel, – toevallig deur een van ons voormalige PhD-studente opgemerk toe hy verbygeloop het -, perfek ontbloot,” het dr Davies gesê.
Dit is gevind in wat navorsers glo ‘n ou rivierkanaal was. Dit is dalk nie eintlik die fossiel van ‘n dooie wese nie, maar ‘n eksoskelet wat afgestort is terwyl die massiewe duisendpoot gegroei het.
“Dit is skaars om hierdie reuse-duisendpoot-fossiele te vind, want sodra hulle dood is, is hul liggame geneig om te verbrokkel, so dit is waarskynlik dat die fossiel ‘n vervelling is wat die dier afgestort het gedurende groei,” het dr Davies gesê. “Ons het nog nie ‘n gefossileerde kop gevind nie, so dit is moeilik om alles van hulle te weet.”
Navorsers glo die duisendpoot het minstens 32 bene gehad, maar dit kan dalk soveel as 64 wees.
Hierdie fossiel is net die derde Arthropleura wat ooit ontdek is, en is baie ouer en groter as die twee vorige eksemplare wat albei in Duitsland gevind is.
Die navorsers glo dat Arthropleura ‘n hoë-voedingstowwe-dieët moes gevolghet om by so ‘n grootte te kom. Dit kon beteken het dat dit ‘n dieët van neute en sade met klein wesens en amfibieë sou aanvul.
Die fossiel sal in die nuwe jaar in Cambridge te sien wees.
’n Referaat wat die ontdekking ontleed, is in die Journal of the Geological Society gepubliseer.