Skip to main content

Die Potchefstroom Polisie is op soek na onbekende aanvallers wat na bewering ‘n 48-jarige taxibestuurder wat eergister vanaf Klerksdorp terug na Johannesburg gery het, doodgeskiet het.

Volgens inligting wat in hierdie stadium beskikbaar is, is die slagoffer se taxi langs die pad opgemerk met sy ‘gevaarligte’ aan deur ‘n mede-taxibestuurder wat ook teruggery het Johannesburg toe , en die drywer het stilgehou en gaan kyk.

Hy het die bestuurder in ‘n plas bloed gevind. Hy het ook besef dat die voertuig se ruit stukkend was. Die voorval is by die polisie aangemeld en die slagoffer is op die toneel dood verklaar. ‘n Voorlopige ondersoek het aan die lig gebring dat die slagoffer beserings wat skynbaar skietwonde was, aan die bolyf gehad het. Die motief vir die moord is nog onbekend en die ondersoek na die saak duur voort.

Die polisie versoek enigiemand wat dalk inligting het wat met die ondersoek kan help om die Ondersoekbeampte, Sersant Sello Molatha by 082 856 1125 te kontak of die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) Stopmisdaadnommer 08600 10111 te skakel. Anonieme wenk kan ook gekommunikeer word via My SAPS App.

Leave a Reply

error: Content is protected !!