Skip to main content

Twee mans en ‘n vrou het Saterdagmiddag gesterf in ‘n kop-aan-kop botsing 10km buite Potchefstroom op die R53 toe ‘n Hyundai en Nissan X-trail in mekaar vasgery het.

Die voorste passasier van die Hyundai was vasgevang in die wrak gevind en die brandweer het lewenskake gebruik om hom uit te haal.

‘n Vrou is 15 meter van die voertuig af, gevind. Sy was in ‘n kritieke toestand, sy is gestabiliseer voordat sy na Potchefstroom Provinsiale hospitaal geneem is vir noodbehandeling.

Sy is intussen oorlede.

Daar was ook twee mans agter in die Hyundai gevind met ernstige beserings.

ER24-paramedici het om 12:05 saam met die brandweer, provinsiale nooddienste en nog ‘n private diens was op die toneel en het hierdie pasiënte behandel en na die hospitaal vervoer vir verdere sorg.

Die omstandighede rondom die ongeluk word deur die SAPD ondersoek.

 

 

Leave a Reply