‘n Driejarige meisie is doodgebyt deur ‘n pitbull wat sy erf deur ‘n gebreekte hek verlaat het en haar aangeval terwyl sy gister in Zwide, Gqeberha, in die straat saam met ander kinders gespeel het.
Daar word beweer Simamkele Kovu (3) het omstreeks 16:20 in Msenganastraat naby haar huis gespeel toe die hond haar aangeval het. Die hond is verskeie kere deur ‘n inwoner met ‘n mes gesteek in ‘n poging om die kind te red. Sy het verskeie bytwonde aan haar nek en gesig opgedoen en het op die toneel aan haar beserings beswyk.
’n Geregtelike doodsondersoekdossier word deur SAPD Kwazakele ondersoek.