Nege mense is dood en agttien ernstig beseer toe ‘n bakkie Saterdagoggend omstreeks 05:00 op die R573 tussen Kwaggafontein en Moteti in Mpumalanga omgeslaan het.
Die bestuurder, wat onder die ernstig beseerdes is wat in die KwaMhlanga- en Philadelphia-hospitale behandel word, het klaarblyklik beheer oor die erg oorlaaide voertuig verloor.
Hy is in hegtenis geneem en staar aanklagte van manslag, dronkbestuur en roekelose en nalatige bestuur in die gesig.