Die vinnige optrede eergister tydens ‘n geïntegreerde operasie deur SAPD en DAF, het gelei tot die arrestasie van vyf verdagtes wat sonder die nodige permitte in besit van Weskuskreefsterte (West Coast Rock Lobster) en ander mariene diere betrap is.
Inligting is ontvang dat twee voertuie vanaf Elandsbaai na Kaapstad op pad is met mariene diere wat in die gebied gestroop is. Hierdie inligting is dadelik opgevolg en die twee voertuie wat verskillende roetes geneem het, is agternagesit. In Laaiplek is een van die voertuie, ‘n Toyota LDV, voorgekeer en deursoek wat gelei het tot die ontdekking van 57 Weskuskreefsterte. Twee manlike verdagtes van 31 en 52 jaar oud is in hegtenis geneem.
In Piketberg is die tweede voertuig, ook ‘n Toyota LDV, aangekeer waar beslag gelê is op 6998 kreefsterte en ‘n verskeidenheid mariene diere. Daar is ook beslag gelê op ‘n groot bedrag kontant, wat vermoedelik die opbrengs van misdaad is. Drie manlike verdagtes van 32, 36 en 42 is in hegtenis geneem.
Die gesamentlike waarde van die seediere waarop beslag gelê is, word op sowat R730 000-00 geraam. Beide voertuie is ook geskut.
Die verdagtes wat onderskeidelik van Mitchells Plain, Bonteheuwel en Athlone is, moet hul hofverskyning maak sodra hulle aangekla is.
Dit is die eerste keer wat ek van hierdie nuusblad…ek stel belang om meer van julle te hoor.