Skip to main content

Gewapende rowers blitsig gevang

Die vinnige reaksie deur die Wellington-polisie op ‘n gewapende rooftog wat aan die gang was, het gelei tot die arrestasie van twee verdagtes gisteroggend. SAPD-lede is in kennis gestel dat ‘n groep van vyf verdagtes omstreeks 09:50 ‘n boer by sy woning genader en kontant geëis het.

Hulle het op die inligting gereageer en met hul aankoms in Commissionerstraat het die vlugtende verdagtes op die polisie losgebrand. Die polisie het teruggeskiet. Een van die SAPD lede het ‘n skietwond aan sy enkel opgedoen en het mediese hulp ontvang.

Twee van die verdagtes is in besit gevind van ‘n vuurwapen en ‘n nagemaakte vuurwapen. Daar is op die wapens beslag gelê. Die omstandighede rondom die voorval word ondersoek en die verdagtes wat daarin geslaag het om arrestasie met ‘n klein bedrag kontant te ontduik, word gesoek.

Die beseerde polisiebeampte is in ‘n stabiele toestand.

Leave a Reply

error: Content is protected !!