Skip to main content

ISAAC CLOETE

‘n Seldsame gewapende roof het ‘n klein dorpie in rep en roer.

Dié misdaad het die inwoners van die Springbok-area omtrent op hol. Volgens die polisie-woordvoerder, kapt Sergio Kock, het die voorval Woensdag op Kleinsee gebeur.

“Dit het by ‘n besigheidsplek gebeur, waar ses mans (30-35jr) betrokke was. Hulle het die eienaar en sy familie met ‘n vuurwapen gedreig. Hierna was hulle met kabelbandjies vasgebind en die plek is beroof.”

Volgens verdere inligting was ‘n onbekende bedrag geld, ongeslypte diamante, selfone, juweliersware en ‘n Ford Wildtrak-bakkie gesteel.

Nadat die polisie hieroor ingelig was het hulle vinnig dinge georganiseer en opgetree. Die eerste verdagte was langs die Buffelsrivier/Komaggaspad gearresteer. Hy het in ‘n swart Renault gereis. Klere asook ‘n vuurwapen en ammunisie was by hom gevind.

Later die dag is nog drie mans in Springbok gearresteer. Die ander twee mans is later ook vasgetrek waar hulle naby Buffelsrivier in die veld weggekruip het.

Al die ander gesteelde items was by hulle gevind. Die gesteelde Ford Wildtrak-bakkie was ook daar naby verlate gevind, volgens Kock.

Na verwagting sal die ses verdagtes, waarskynlik van Johannesburg, binnekort op Springbok in die hof vesrskyn.

Persone met meer inligting oor die voorval word versoek om met speur-AO Donald Links by 084 3210695 in aanraking te kom. Alle info sal as vertroulik beskou word.

Daar was weer ‘n beroep op die owerhede gedoen dat hulle die myne moet laat sluit. En ook dat alle “vreemdelinge” uit die area verban moet word.

Raadslid Cyril Warne het gesê dat die mense van Buffelsrivier en Komaggas aan die myne moet onttrek.

“Mense van ander provinsies, vreemdelinge en buitelanders moet huis toe gaan. Hier moet orde geskep word, want ons area word nou te gevaarlik.”

Leave a Reply

error: Content is protected !!