Skip to main content

United Phosphorus Ltd (UPL) beplan om nog meer giftige plaagdoders in die see te stort in ‘n oënskynlike poging om geld te bespaar op landgebaseerde ‘wegdoeningskoste’ skaars ‘n maand nadat verskeie Durbanse strande weer vir toeriste en plaaslike inwoners oopgestel is, berig Tony Carnie van Daily Maverick.

Verskeie van die stad se gewildste swemstrande was vir byna vier maande gesluit as ‘n veiligheidsmaatreël nadat ‘n stortvloed plaagdoders en ander landbouchemikalieë in die see beland het in die nasleep van die brandstigting in Julie 2021 by die UPL-chemikalieëpakhuis in Cornubia, noord van Durban.

Inwoners van ‘n nedersetting in Cornubia ly steeds aan swak gesondheid ná die giftige chemiese storting. Suid-Afrikaanse omgewingsaktiviste sowel as inwoners van Cornubia het die Moembaai-gebaseerde landbouchemiese maatskappy gekap vir sy optrede voor en ná die chemiese storting wat beskryf is as een van die grootste rampe in die land die afgelope “30 tot 40 jaar”.

Die UPL-pakhuis is op 12 Julie 2021 aan die brand gesteek en het toe ontplof, wat veroorsaak het dat uiters gevaarlike en giftige landbouchemikalieë vir etlike dae na die strande, riviere, grond en lug na die noorde van Durban versprei het.

Besoedelde strande is op 2 November slegs gedeeltelik heropen vir ontspanningsdoeleindes om strandgangers se veiligheid te verseker.

Leave a Reply

error: Content is protected !!