Skip to main content

Vrees vir hernude geweld en politieke onrus laai op nadat die hof vandag besluit het oudpresident Jacob Zuma moet teruggaan tronk toe.

Die Gautengse hooggeregshof in Pretoria het vanoggend beslis dat die besluit om Zuma op mediese parool te plaas onwettig was – en dat hy moet teruggaan tronk toe om die res van sy 15 maande vonnis vir minagting van die hof te voltooi.

Dit is egter onwaarskynlik dat die traliedeure binnekort agter die omstrede politikus sal toeklap, want hy sal na verwagting teen die uitspraak appelleer.

Leave a Reply