Skip to main content

Waaksaamheid en harde werk het vrugte afgewerp toe die Marikana-polisie twee verdagtes, onderskeidelik 35 en 37 jaar oud, vir die besit van plofstof en die poging om ‘n OTM-masjien op te blaas aangekeer is.

Volgens inligting wat ontvang is, was die polisie gister in die vroeë oggendure besig met patrollies toe hulle twee mans naby die Teller Masjiene (OTM’e) opgemerk het. Toe die verdagtes die polise gewaar, het hulle weggehardloop.  Die polisie het die verdagtes agterna gesit en vasgetrek. Met die deursoeking is plofstof in hul besit gevind. Daar is ook plofstof gevind wat reeds aan twee kitsbanke gekoppel was.

Die twee is gearresteer en sal na verwagting vandag in die Rustenburg-landdroshof verskyn op aanklag van poging tot OTM-bomaanval en die besit van plofstof.

Die provinsiale kommissaris van Noordwes, luitenant-generaal Sello Kwena, het Marikana-lede gelukgewens vir hul waaksaamheid en vinnige reaksie wat tot die arrestasie gelei het.

Leave a Reply