Alhoewel die Omicron-variant hoogs aansteeklik is, word mense nie so siek soos gedurende die Delta-variant tydperk nie, beweer Discovery.
Suid-Afrika se grootste private gesondheidsversekeringsadministrateur, Discovery Health, se bevindings is dat ‘daar verminderde entstofdoeltreffendheid, ‘n hoër infeksierisiko (veral vir kinders) en veral ‘n afname in die erns van siekte te midde van die Omicron-golf van infeksies is’.
Hierdie data, gebasseer op 211 000 Covid-19 positiewe resultate, kan verander.