Skip to main content

 

Die Valke se Ernstige Georganiseerde Misdaad Ondersoek van Germiston het tesame met die Wes-Rand K9 ‘n deursoek- en beslagleggingslasbrief uitgevoer wat gelei het tot die suksesvolle aanhouding van vier mans wat na bewering ‘n onwettige dwelmvervaardigingslaboratorium in Benoni bedryf.

Die ondersoekspan het inligting oor verdagte dwelmverwante aktiwiteite in die Lakefield-omgewing opgevolg.

’n Lasbrief is uitgereik en die polisie het die geïdentifiseerde perseel dopgehou voordat hulle toegeslaan het. Vier verdagtes wat na bewering onwettige dwelms verwerk het, – vermoedelik CAT -, is in hegtenis geneem. Die dwelms het ‘n geraamde straatwaarde van R3 miljoen.

Die polisie het beslag gelê op dwelmvervaardigingstoerusting, chemikalieë, twee voertuie, ‘n Nissan NP200 sowel as ‘n Almera vir verdere ondersoek.

Vier verdagtes tussen 23 en 42 jaar oud is van onwettige handel in dwelms aangekla.

Hulle sal na verwagting Vrydag, in die Benoni-landdroshof verskyn.

Die ondersoek duur voort.

Leave a Reply