Skip to main content

Twee verdagtes van 34 en 41 jaar oud is Maandag deur die Valke se Ernstige Kommersiële Misdaad-ondersoekspan gedagvaar op aantygings van bedrog, geldwassery en oortreding van die Wet op Belastingadministrasie 28 van 2011.

Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) in Kimberley beweer die hoofverdagte het tussen 2016 en 2017 vals inskrywings gemaak op korporatiewe inkomstebelastingopgawes en belasting op toegevoegde waarde. Daar word verder beweer dat die medepligtige onregmatig bevoordeel is deur die aankoop, gebruik en besit van eiendomme wat deel is van die opbrengs uit onwettige aktiwiteite. Die Suid-Afrikaanse Inkomstediens het ‘n werklike verlies van R415 000-00 gely.

Die saak is by die Valke aangemeld vir verdere ondersoek en albei verdagtes is gedagvaar om op Donderdag, 17 Februarie 2022 voor die Kimberley-landdroshof te verskyn.

Leave a Reply