Tania Campbell, die DA se Ekurhuleni-burgemeester, was toegegooi onder griewe van DA-lede nadat sy haar burgemeesterskomitee aangekondig het. Onder hulle is lede van die DA, die IVP, Cope en ActionSA .
Dìt omdat die meerderheid van die lede wat deur Campbell aangestel is, slegs ‘n matrieksertifikaat as hul hoogste kwalifikasie kon toon.
Die komitee bestaan uit Graham Gersbach (DA), Alco Ngobese (IVP), Senzi Sibeko (DA), en Themba Kalipa (Cope).