Skip to main content

Die polisie het op die liggame van ses mense wat Sondagaand vermoor is, afgekom. Die gru-toneel het hom in ‘n huis in Folweni, suid van Durban, afgespeel.

‘n SAP woordvoerder, Brig Jay Naicker, het bevestig dat slegs een persoon, ‘n 27-jarige vrou, die aanval oorleef het, en dat sy hospitaal toe geneem is.

“Die liggame van vier mans en twee vroue tussen die ouderdomme van 26 en 32 is met veelvuldige skietwonde in die huis gevind.

“Ons doen ’n beroep op enigiemand wat inligting het wat met die ondersoek kan help om Crime Stop by 08600 10111 te kontak,” het Naicker gesê.

Die provinsiale ondersoekeenheid ondersoek klagtes van moord en poging tot moord.

Leave a Reply