Skip to main content

Nadat lede van die Paarl-Oos Misdaadintelligensie en Mbekweni SAPD inligting oor beweerde dwelmsmokkelary opgevolg het, is ‘n 34-jarige verdagte die afgelope naweek in Mbekweni in hegtenis geneem.

Daar is beslag gelê op 1 749 mandrax-tablette met ‘n geraamde straatwaarde van R68 940. Die verdagte is in aanhouding, en sal in die Paarl landdroshof verskyn sodra hy aangekla is.

In ‘n ander onverwante voorval het polisielede Saterdag ‘n perseel in Joolstraat, Bellville-Suid, deurgesoek toe ‘n onbekende man na ‘n ongelisensieërde 9mm-pistool gegryp het.

Die 32-jarige man is in hegtenis geneem en aangehou op ‘n aanklag van die besit van ‘n ongelisensieërde vuurwapen en ammunisie. Sodra hy aangekla is, sal hy na verwagting in die Bellville-landdroshof verskyn.

 

Leave a Reply