Skip to main content

Deurdringende wetenskaplike, etiese en regsargumente is op alle tonge oor die stelling dat mense gedwing kan/moet word om ingeënt te word of nie. Daar is reeds lande wat oningeënte mense verbied om toegang tot andersins openbare plekke te verkry.

Slegs 42% van Suid-Afrika se volwassenes is reeds met minstens een dosis ingeënt. Die lae persentasie is as gevolg van verskeie redes, wat té min entstowwe en onwilligheid om gespuit te word, insluit.

Suid-Afrika was op een van die sogenaamde ‘rooi’ lyste wat verskeie lande ingestel het op reisigers.

Brittanje het egter die lig gesien na bevindings dat die rooi lys nie help om die verspreiding van die Omicron variant te vertraag nie.

Leave a Reply