Skip to main content

Tshwane DBV het eergisteraand ‘n inbraak by die Watloo-tak gehad. Die wag is met ‘n vuurwapen aangehou terwyl die skelms by die administrasiegebou toegang verkry het tot die perseel.

Die inloopkluis is oopgebreek en ses skootrekenaars, wat inligting bevat het van ontvangs (diere-inname en aannemings), die veeartsenykliniek en die Inspektoraat (dieremishandeling rekords), is gesteel. Al die inligting wat nou verlore is, gaan ‘n groot negatiewe uitwerking hê, aangesien die feesseisoen een van die besigste tye vir die DBV is.

Die toerusting is wel verseker, maar dit gaan dae of selfs weke neem om die skootrekenaars te vervang en weer opgestel te kry.

Indien iemand dalk kan help met ‘n rekenaar of twee sodat die personeel kan voortgaan om ‘n diens te lewer, en inligting en rekords op datum te hou tot die versekeringseise afgehandel is, sal dit opreg waardeer word.

Die volgende personeel kan gekontak word.

Dewald – Hoofbestuurder, Waltloo – 0820968250

Riaan – Fondsinsameling – 0825709079

Leave a Reply