Skip to main content

Die Stad Ekurhuleni het pas sy nuwe burgemeesterskomitee aangewys.

Die veelpartykomitee volg na weke se onderhandelinge tussen politieke partye om ‘n stabiele regering na die stad te bring.

Die burgemeester, Tania Campbell, het die volgende groep raadslede in haar burgemeesterskomitee aangekondig:

  • Lid van die Burgemeesterskomitee (LBK) vir Finansies, Inligtingskommunikasietegnologie en Ekonomiese Ontwikkeling – Graham Gersbach (Demokratiese Alliansie)
  • LBK vir Gesondheid en Maatskaplike Ontwikkeling – Aankondiging sal volg (Action SA)
  • LBK vir vervoerbeplanning – Alco Ngobese (Inkatha Freedom Party)
  • LBK vir Water, Sanitasie en Energie – Senzi Sibeko (Demokratiese Alliansie)
  • LBK vir Infrastruktuurdienste – Themba Kalipa (Congress of the People)
  • LBK vir Korporatiewe en Gedeelde Dienste – Ruhan Robinson (Demokratiese Alliansie)
  • LBK vir Menslike Nedersettings – Mabekenyane Thamahane (Demokratiese Alliansie)
  • LBK vir Stadsbeplanning – Heather Hart (Demokratiese Alliansie)
  • LBK vir Omgewing en Afvalbestuur – André du Plessis (Demokratiese Alliansie)
  • LBK vir Gemeenskapsveiligheid – Aankondiging sal volg (Action SA)

Burgemeester Campbell se woorde in haar intreerede: “Geen meer leë beloftes nie, dit is tyd om dinge in Ekurhuleni gedoen te kry.”

Die DA vertrou dat haar span hard sal werk om dienslewering te herstel en te bespoedig, asook die verrotting te verwyder wat die vordering en lewering van behuisingsprojekte en infrastruktuurontwikkeling belemmer.

Die DA is verheug dat die mense van Ekurhuleni sal ervaar wat ‘n bekwame koalisieregering kan doen, gefokus op skoon regering en uitstekende dienslewering.

“Die DA wens burgemeester Campbell en haar span alle sterkte toe, en hoewel sukses nie oornag behaal sal word nie, glo ons dat hulle meer as in staat is om die taak wat voorlê te hanteer en dinge gedoen sal kry,” sê Solly Msimanga, die DA Gauteng se Provinsiale Leier.

 

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!