Babita Deokaran, die fluitjieblaser wat in Augustus buite haar huis in Mondeor vermoor is, is na haar dood vereer met die internasionale Blueprint for Free Speech. Dit is ‘n spesiale toekenning om haar te beloon vir haar moed om vir reg en geregtigheid op te staan.
Hierdie toekenning vereer mense wat bewyse van moorde, bedrog en korrupsie openbaar maak. Wenners van hierdie toekenning is verlede week gedurende ‘n virtuele seremonie aangekondig.