Skip to main content

SAPD-lede van die Ekurhuleni blitspatrollie het gister vier verdagtes gearresteer wat in besit was van vervalste goedere in Springs CBD.

Volgens ‘n verslag het die SAPD-lede in die vroeë oggendure twee wit Quantum-kombi’s op Welgedachtweg na die N12-snelweg opgemerk en hulle begin volg.

Die lede het albei kombi’s deursoek, waarna een van die verdagtes uit die voertuig gespring en weggehardloop het.

Die polisie het vier verdagtes gearresteer en albei voertuie is deursoek. 15 Sakke vervalste goedere is teruggevind.

Die goedere was bestem vir Johannesburg. Die waarde van die vervalste goedere moet nog vasgestel word.

Al vier verdagtes word aangekla vir handel in en besit van vervalste goedere. Die vyfde verdagte wat weggehardloop het is nog soek.

Leave a Reply

error: Content is protected !!