Switserland is een van die min lande wat wettige selfmoord-opsies het. Besoekers gaan binnekort toegang hê tot ‘n vinnige, pynlose metode in die vorm van ‘n 3-D-gedrukte kapsule wat vier jaar geneem het om te ontwikkel, om hul eie lewens te beëindig.
Philip Nitschke, die eienaar van ‘n nie-winsgewende organisasie, Exit International, en die skepper van hierdie toestel genaamd ‘Sarco’, vertel dat mense reeds vroeg in 2022 hierdie kapsule kan beproef.
Die toestel vul met stikstofgas met die druk van ‘n knoppie, en dit verlaag dan die gebruikers se suurstofvlakke, wat veroorsaak dat hulle in ongeveer 60 sekondes bewusteloos raak. Die ‘pasiënt’ ervaar geen pyn of nood nie, en sterf as’t ware van ‘n suurstoftekort nadat hulle aan die slaap geraak het. Nitschke beskryf dit as ‘n “stylvolle en elegante” manier om te sterf.
Nie almal is gemaklik met hierdie toestel nie. Stephen Duckworth, ‘n advokaat wat mense help sterf, sê hy sal eers gemaklik met ‘Sarco’ wees as dit behoorlik getoets is en dit geslaagd is. Sy ander vrese is ook dat kinders, of mense wat nie by hul volle verstand is nie, hierdie toestel in die hande kan kry en as gevolg daarvan kan sterf.
Ander lande waar geassisteerde sterftes, of genadedood, wettig is, is Spanje, Nederland, België, Luxembourg, Kanada, Kolombië, Australië asook 10 state in die VSA.