Skip to main content

Sewe verdagtes is deur die Valke se Ernstige Korrupsie-ondersoekeenheid in hegtenis geneem tydens ‘n ondersoek na bewerings van korrupsie, bedrog en diefstal wat na bewering deur Nooddiens (EMS)-amptenare in die Prins Albert-omgewing gepleeg is.

Die verdagtes, tussen 30 en 43 jaar oud, is eergister in Prins Albert in hegtenis geneem.

Die verdagtes het drie petroljoggies en vier EMS-personeel ingesluit. Daar word beweer dat die EMS-personeel hand aan hand met die petroljoggies gewerk het om die staat te bedrieg deur petrolkaarte op fiktiewe transaksies te gebruik.

Daar word verder berig dat die verdagtes sou wag vir motoriste wat kontant sou betaal en die brandstofkaarte sou swiep in ruil vir kontant wat hulle dan onder mekaar sou deel.

Al sewe verdagtes sal na verwagting vandag in die LeeuGamka-landdroshof verskyn op aanklagte van bedrog, korrupsie en diefstal.

Leave a Reply

error: Content is protected !!