As deel van hul toewyding om museums in Suid-Afrika te ondersteun, bied die land se voorste kunsveilinghuis Strauss & Kie vandag sy vyf-en-twintigste veiling vir vanjaar aan. Dit is ter ondersteuning van Norval Foundation en skop om 19:15 af.
“Strauss & Co is verheug om kragte saam te snoer met Norval Foundation en die hoofborg, Stonehage, om hierdie uitstaande keuse van ten volle geskenkte kunswerke, uitmuntende ervarings en goeie wyn ten toon te stel wat verkoop gaan word tot voordeel van Norval Foundation en hul onderwysprogram, en ons nooi beskermhere van Norval Stigting en ons kliënte om hul ondersteuning aan hierdie waardige saak te verleen”, sê Bina Genovese, Strauss & Co se gesamentlike besturende direkteur.
Die hibriede (persoonlik en aanlyn) geleentheid sal bestaan uit een sessie. Al twee-en-twintig lotte word ‘n ‘honderd persent geskenk’ deur kunstenaars, galerye, beskermhere en besighede en die veiling word mildelik moontlik gemaak deur die borgskap van Stonehage Fleming.
“Ons is verheug om met Strauss & Co saam te werk vir ons 2021 Norval Foundation-voordeelveiling. Terwyl die afgelope jaar en ‘n half uitdagend was vir museums regoor die wêreld, sal hierdie veiling ons help om voort te gaan om die publiek te verbind met die praktyke van toonaangewende kunstenaars van Suid-Afrika en regoor die vasteland. Ons is innig dankbaar vir die kunstenaars en besighede wat so ruimhartig aan hierdie veiling geskenk het, asook aan Stonehage Fleming, ons groot borg saam met Strauss & Co, vir hul ondersteuning,” sê Owen Martin, die Direkteur van Norval Foundation.
Bieërs kan op die Strauss & Co-webwerf registreer.
Kunswerke kan vandag tussen 09:00 – 17:00 te Norval Foundation besigtig word voordat die veiling amptelik afskop.