Skip to main content

Die Ouditeur-generaal (OG), Tsakani Maluleke, het kommer uitgespreek oor swak finansiële beheermaatreëls in sommige staatsondernemings (SOE’s). Die gevolg was oudit-verslae vir nasionale en provinsiale departemente vir die 2020/21-boekjaar wat in Maart geëindig het wat groot tekens van agteruitgang toon.

Maluleke het gesê dat ongemagtigde uitgawes hoog gebly het en die totaal van R167 miljard, meestal weens oorbesteding van die begroting, dui aan dat die departemente nie finansieël gesond is nie.

Slegs 27% van die 425 staatsdepartemente en -entiteite wat deur die ouditeur-generaal geoudit is, het skoon oudits ontvang.

Volgens Maluleke verteenwoordig die 115 geouditeerdes met ‘n skoon ouditstatus 19% van die uitgawebegroting van R1,9 triljoen wat deur die nasionale en provinsiale regerings bestuur word. Die 115 geouditeerdes sluit 48 departemente en 67 openbare entiteite in.

 

Leave a Reply

error: Content is protected !!