Vier sterf en twee beseer in ‘n trompop botsing twee weke terug op die R42 tussen Delmas en Bronkhorstspruit het die gemeenskap geruk.
Mediese personeel het bevestig dat die vier mense, twee mans en twee vroue op die ongelukstoneel oorlede is.
Nog twee persone is ernstig beseerd en is na die Samuel Bernice-hospitaal in Delmas geneem vir mediese behandeling.
Inwoners van Waaikraal en ander gereelde pendelaars op die R42-pad, het op sosiale media gesê hulle gebruik dié pad daagliks en vind dit kommerwekkend dat daar geen padmerke, soos lyne op daardie deel van die pad, is nie.
Lang gras by die kruising beperk ook motoriste se sigbaarheid wanneer hulle die kruising, nader wat van Waaikraal af kom.
Die Mpumalanga LUR vir die departement van gemeenskapsveiligheid, sekuriteit en skakeling (DCSSL), mnr Vusi Shongwe, het motoriste weereens versoek om die pad versigtig te gebruik en die reëls te gehoorsaam.
Die oorsaak van die ongeluk is nog onduidelik en die voorval word deur polisieondersoek.