Skip to main content

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens in Polokwane ondersoek die geheimsinnige verdwyning van ‘n 70-jarige man, Edward Dinkwani Phasha, wat steeds vermis word. Hy is laas op Donderdag, 02 Desember, gesien.

Die man is glo verstandelik gestremd. Volgens berigte het hy sy blyplek by Ga-Phasha, Selatole-dorpie in die Mecklenburg-polisiëringsgebied verlaat sonder om sy familie in te lig oor waarheen hy op pad is. Hy het intussen spoorloos verdwyn.

Polisiesoektogte is sonder sukses by omliggende gebiede uitgevoer.

Hy is glo laas gesien met ‘n swart langbroek, rooi T-hemp met wit strepe en swart tekkies.

Enigiemand met inligting wat kan help om die bejaarde man met sy gesin te herenig word versoek om die ondersoekbeampte, ao Peter Mangakeng by 082 728 9831 of Crime Stop by 08600 10111 of naaste polisie of MySAPS-toepassing te kontak.

Die Polisie-ondersoek duur voort.

Leave a Reply

error: Content is protected !!