Skip to main content

Die Welkom Openbare Orde Polisie-reaksiespan het twee verdagtes in Ficksburg gearresteer vir die beweerde handel in dwelms tydens ‘n intelligensie-gedrewe operasie.

Die reaksiespan was Maandag in Ficksburg vir ‘n beplande misdaadbekampings-operasie. Gedurende hierdie operasie het lede verdagte gebeure by ‘n sekere huis in Meqheleng Township waargeneem. Die span het die hulp van die plaaslike polisie gevra om die huis te deursoek. Dit het gelei tot die aankeer van ‘n 22-jarige verdagte wat gepoog het om arrestasie te ontduik deur by die venster uit te klim.

Die polisie het 75 Mandrax-tablette en kontant gevind. Die verdagte is gearresteer.

Dieselfde span het ‘n verdagte swart Honda Fit-sedan in die strate van Meqheleng genader. Die lede het die voertuig deursoek en een heel en ses halwe Mandrax-tablette gevind. Daar was ook ses sakkies met ‘crystal-meth’ asook kontant. Die 34-jarige verdagte is gearresteer en is in aanhouding.

Beide verdagtes sal na verwagting vandag in die Ficksburg-landdroshof verskyn op aanklagte van dwelmhandel.

“Ek wil die lede van die gemeenskap prys wat hul geloof en vertroue in ons lede plaas terwyl ons reageer op hul versoek om misdaad binne die samelewing te bekamp. Dwelmhandel is ‘n ernstige misdaad wat ernstige uitwerking op die jeug het, veral omdat hulle verslaafdes word en ander misdade pleeg. Ek betuig my waardering aan die polisielede wat vinnig opgetree het en die dwelmplaag beveg het,” het die Vrystaatse provinsiale kommissaris, lt.genl. Baile Motswenyane, gesê.

Leave a Reply

error: Content is protected !!