Eskom het in November meer as ‘n R1 miljard aan diesel bestee om noodopwekkers aan te vul, aangesien erge beurtkrag die land in sy kloue gehad het.
Dinsdag tydens ‘n webinar het Jan Oberholzer, die bedryfshoof van Eskom, die swak toestand van die nutsmaatskappy se opwekkingsvermoë betreur. Dit is ter illustrasie van die sowat R1 miljard wat in November – ‘n maand wat gekenmerk is deur groot beurtkrag – aan diesel bestee is om noodopwekkers van brandstof te voorsien.
Verlede maand se dieselrekening is drie keer dié van Oktober, toe Eskom R340 miljoen aan kragopwekkerbrandstof bestee het. “En die vooruitsig tot die einde van die jaar is ook nie so positief nie,” het Oberholzer gesê.