Skip to main content

‘n Vrou is dood nadat ‘n sportnutsvoertuig haar vroeër die week, naby die kruising van Ontdekkers en Gholfklub-terras in Florida getref het.

ER24-reddingsmedici wat reeds van diens was, het om 17:40 op die grusame toneel afgekom. ‘n Liggaam van ‘n vrou is ‘n paar meter van die voertuig af opgemerk.

Die paramedici het die situasie vinnig opgesom en gemerk dat die vrou talle ernstige beserings aan haar liggaam opgedoen het.

Mediese noodhulpprosedures is onmiddelik toegepas en die paramedici het 30 minute lank gepoog om haar by te bring, voordat die vrou op die toneel dood verklaar is.

Die bestuurder van die SUV het geen besering opgedoen nie.

‘n Saak van strafbare manslag word verder ondersoek.

One Comment

  • Loumie says:

    Gaan daar ondersoek in gestel word of die oorledene dalk net blindelings oor die pad gehardloop het ook? Dit is verskriklik dat iemand haar lewe verloor het. Ek sien egter daagliks hoe mense geen ag slaan op voet oorgange nie. Hardloop net eenvoudig voor aankomende verkeer in, en die persoon agter die stuur moet maar net sorg dat die aanstormendes nie raak gery word nie. Ek hoop van harte die ondersoek gaan die hele spektrum dek.

Leave a Reply