‘n 28-jarige verdagte van Dark City buite Burgersfort is gearresteer omdat hy na bewering Vrydagaand ‘n sesjarige kind verkrag en toe vermoor het. Hy sal vandag in die hof verskyn.
Daar word beweer dat die oorledene met ander kinders in die woonbuurt gespeel het toe haar ma opgemerk het dat sy verdwyn het en het met die hulp van die gemeenskap na haar begin soek. Die polisie is ontbied en het met die soektog voortgegaan. Die kind se lyk is toe ontdek waar dit in ‘n buurman se erf gelaat is.
Die polisie het dadelik begin met die soektog na die verdagte wat na bewering in dieselfde straat as die slagoffer woon. Hy is gevind waar hy in een van die buurmanne se erf wegkruip en is dadelik gearresteer. Die polisie se voorlopige ondersoeke wat op die toneel gedoen is, dui daarop dat die slagoffer verkrag is voordat sy vermoor is
Die provinsiale kommissaris, luitenant-generaal Thembi Hadebe, het die polisie geloof vir hul vinnige reaksie wat gelei het tot die inhegtenisneming van die verdagte binne enkele ure nadat hy na bewering die misdaad gepleeg het.