Skip to main content

Bheki Cele, die minister van polisie, het die skuld vir die polisie se versuim om die Julie-onrus te antisipeer en te hanteer, vierkantig voor die deur van nasionale kommissaris Khehla Sitole gelê.

Cele het Sitole van onbevoegdheid beskuldig in ‘n eedsverklaring van 26 bladsye wat voorberei is vir die SA Menseregtekommissie (SAMRK) se verhoor oor die Julie-onrus.

Volgens Cele het hy nie inligting in die vorm van ‘n verslag en of ‘n inligtingsessie voor die gewelddadige opstand van die polisiebestuur en of van die Staatsveiligheidsagentskap (SSA) ontvang nie.

Leave a Reply

error: Content is protected !!