ISAAC CLOETE
“Beauty comes in all shapes, sizes and forms.”
So glo ‘n pragtige dame van Nababeep naby Springbok nadat sy ‘n nasionale skoonheidskompetisie gewen het.
Die gemeenskappie hier die naweek gejubel toe dit bekend geword het dat Tamelyn “Tammy” Bock (25) die heel eerste Miss Wheelchair South Africa-kompetisie gewen het.
Sy is persoon met ‘n gestremdheid en het die Noord-Kaap verteenwoordig. Donderdagaand was sy onder luide toejuiging in die Artscape Opera House gekroon.
Sy het Sondagmiddag gesê dat dit nog so onwerklik voel, maar dat sy baie opgewonde is oor die nuwe reis wat besig is om in haar lewe te manifisteer.
Reeds in 2017 het sy al probeer om aan die Mej SA kompetisie deel te neem. Tydens persoonlike onderhoude met die organiseerders te Grand West, Kaapstad, het sy egter te ongemaklik gevoel tussen die “normale” deelnemers. Sy het dus alles laat vaar.
Nou vertel sy dat sy ‘n tawwe jaar gehad het, daarom het sy die keer ingeskryf om haar selfbeeld te verbeter.
“By die Miss Wheelchair South Africa kompetisie kon ek net myself wees, want ek het met persone gekompeteer wat ook in rolstoele sit.”
Volgens haar was die reaksie oorweldigend uit Nababeep. Mense wat sy glad nie ken het haar gelukgewens en sterkte toegewens.
Sy het ‘n kwalifikasie in korporatiewe kommunikasie, maar voel dat “haar soort” by werkplekke uitgesluit word.
“Ek wil daai kettings en persepsies afbreek wat keer dat teen mense met gestremdhede, veral vroue, gediskrimineer word. Mense moet onthou dat ons ook verder kan gaan as normale mense.”
Sy is veral dankbaar teenoor Shama Nathoo, besturende direkterur van die Universal Accessibility hub. Maar veral aan Lebohang Monyatsi, ‘n eerste prinses by ‘n Miss World kompetisie. Die twee was die oganiseerders van die eerste Miss Wheelchair South Africa kompetisie.
Miss Wheelchair World vind in Oktober 2022 in Mexico plaas. Intussen moet sy hard werk vir fondse om dit by te woon.
Befondsers en donateurs kan haar skakel by:071 3158220.