Skip to main content

Afrika se voorste ekonomiese kragte, Suid-Afrika en Nigerië, gaan bilaterale en handelsbetrekkinge verhoog tydens president Cyril Ramaphosa se besoek aan Nigerië, wat saamval met die 10de sitting van die Bi-Nasionale Kommissie (BNC) tussen Nigerië en Suid-Afrika, wat ook sy 20ste herdenking is.

Ramaphosa’s en president Muhammed Buhari moet pogings aanwend om bilaterale bande te bevorder gegewe hul kwynende ekonomieë, en ook om die pad te lei in die bevordering van die Afrika Kontinentale Vryhandelsgebied. Daar word van die twee leiers verwag om ‘n aantal Memoranda van Verstandhouding en ooreenkomste oor politieke, diplomatieke en ekonomiese en handelsbetrekkinge te onderteken, volgens internasionale betrekkingekenner, Olawale Olusola in The Conversation.

Xenofobiese aanvalle in Suid-Afrika het ‘n groot nadelige effek gehad tot hedendaagse Afrika-verhoudinge. Ná die xenofobiese aanvalle in 2019 het die Suid-Afrikaanse regering Nigerië om verskoning gevra.

Die Suid-Afrikaanse leier sal vanaf 30 November tot 7 Desember 2021 ‘n weeklange, viernasiebesoek aan Wes-Afrika onderneem. Ramaphosa sal deur Nigerië, Ivoorkus, Ghana en Senegal toer in die hoop om Suid-Afrika se bilaterale betrekkinge met die betrokke lande, en om vennootskappe gerig op Afrika-ontwikkeling en samewerking in multilaterale forums te versterk.

 

Leave a Reply