Verlede week het Die Waarheid berig oor Snoekie, die Jack Russel van Worcester se K9-eenheid, waar mandrax-tablette in ‘n motor gevind is deur die hondjie se merkwaardige reukvermoë.
Snoekie en sy hanteerder het die week weer op ‘n groot dwelmvonds afgekom en die keer was dit die dwelm tik, met ‘n geraamde straatwaarde van R4,5 miljoen.
Snoekie se hanteerder, Sers. Zane Swanepoel, het ook genoem dat Snoekie binnekort sy rangtekens gaan ophang, na ‘n roemryke loopbaan.