Skip to main content

Refiloe Nt’sekhe, ‘n DA-stadsraadslid, het gister op ‘n raadsvergadering gevra vir duidelike antwoorde oor probleme met Ekurhuleni se kragstasies.

Sy wou die volgende weet:

  • Hoeveel kragstasies, substasies en mini-substasies word deur die Ekurhuleni munisipaliteit besit?

Die Lid van die Uitvoerende Raad was duidelik beïndruk dat Nt’sekhe haar huiswerk gedoen het. “Mens kan sien jy is besig om te oefen om ‘n burgemeester te word. In antwoord op vraag een kan ek sê dat die stad ongeveer 170 primêre kragstasies, 3800 substasies en meer as 6200 mini-substasies besit.”

 

  • Hoeveel van hierdie het in die laaste vyf jaar onklaar geraak?

“Daar was baie onderbrekings in die laaste vyf jaar, maar al die probleme was nie as gevolg van toerusting wat onklaar geraak het nie. Die meeste probleme was as gevolg van foutiewe kabels tussen substasies.”

 

  • Hoeveel van hierdie het vanjaar as gevolg van kragonderbrekings onklaar geraak?

“Die Departement van Energie het baie probleme gehad met stroombrekers wat in substasies onklaar geraak het as gevolg van kragonderbrekings. Na kragonderbrekings was daar baie probleme oor té hoë kragstrome wat deur meer as 40 van die primêre substasies gevloei het wat weer ander nagevolge gehad het.  Vandalisme het ook bygedra tot baie kopsere regoor Ekurhuleni.”

 

  • Wat was die oorsaak vir die probleme na kragonderbrekings?

“Die onklaar-raking van ouer, oilie-aangedrewe substasies is as gevolg van die gereelde aan- en afskakeling van die stroombrekers, wat nie hiervoor ontwerp is nie. Dit is dan waar toerusting oorlaai en beskadig word. Gedurende kragonderbrekings is die ideale tyd vir kriminele om toe te slaan op ions toerusting.”

 

  • Volgens norme en standaarde, hoe gereeld moet hierdie kragstasies, substasies en mini-substasies onderhou word, en het die munisipaliteit aan hierdie vereistes voldoen?

Die toerusting binne in al die kragstasies, sub-stasies en mini-substasies het verskeie onderhoudsplanne. Alles werk volgens ‘n beplande skedule, en die munisipaliteit hou by hierdie skedules.

Leave a Reply