‘n 34-jarige verdagte, Kgosi Sehume, het in die Vredefort-landdroshof op aanklag van moord verskyn nadat hy sy pa (55) by hul huis in Mokwallo Vredefort doodgesteek het.
Sehume was Saterdag saam met sy meisie en sy pa tuis toe ‘n bakleiery oor vleis ontstaan het.
Daar word beweer dat die verdagte die vleis wat die slagoffer gekoop het wou vat en die slagoffer het geweier. Tydens hul rusie het die seun sy pa twee keer onder die linkerarm gesteek en weggehardloop. Die slagoffer het probeer om die verdagte te jaag voordat hy op die grond geval en gesterf het. Hy het twee steekwonde opgedoen.
Die bure het het die polisie gekontak nadat hulle gille gehoor het en gesien het hoe die slagoffer op die grond val.
Ao Petrus Nhlapo het die verdagte by een van sy vriend se huis nie ver van sy huis af nie gearresteer.
Die verdagte is steeds in aanhouding en sal weer op môre in die hof verskyn vir ‘n borgtogaansoek.