Skip to main content

Accountability Now (AN) het gedreig om die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se baas, Shamila Batohi, hof toe te sleep om haar te dwing om oudpresident Jacob Zuma, polisieminister Bheki Cele en ander hoëprofielsake te vervolg.

In ‘n brief aan Batohi twee maande gelede het Advokaat Paul Hoffman SC, direkteur van AN, die NVG daarvan beskuldig dat hulle voete sleep in die vervolging van verskeie hoëprofielsake.

AN wil hê die NVG moet die vervolging van Zuma en sy voormalige minister van justisie, Michael Masutha, bespoedig vir die “onwettige en korrupte” verwydering van Mxolisi Nxasana as nasionale direkteur van openbare vervolging in 2013.

Leave a Reply

error: Content is protected !!