SONJA BROWN
“Duisende jong meisies in Gauteng staar ‘n somber toekoms in die gesig terwyl hulle geregtigheid geweier word. Slegs 101 gevalle van seksuele misdrywe is aangemeld waarby vroulike kinders, tussen die ouderdomme van 10 en 19 jaar oud was, waar aangedui is dat die slagoffers swanger is,” sê Refiloe Nt’sekhe, die DA-raadslid in Ekurhuleni.
“Hierdie inligting is verskaf in ‘n opvolg van die vrae oor die kwessie van tienerswangerskappe in Gauteng, waar die Departement van Gesondheid 23 226 gevalle van swangerskap van kinders tussen 10 en 19 jaar oud aangemeld het. Volgens die Gautengse LUR vir Gesondheid, Nomathemba Mokgethi, is 934 babas van meisies tussen die ouderdomme van 10 tot 14 jaar gebaar, 19 316 babas is deur meisies tussen die ouderdomme van 15 tot 19 jaar gebaar, terwyl 2976 meisies tussen die ouderdomme van 10 en 19 jaar ‘n keuse gehad het oor die beëindiging van hul swangerskap. In totaal was daar 23 226 tienerswangerskappe in Gauteng van April 2020 tot Maart 2021.
“Die Gautengse departement van gemeenskapsveiligheid het berig dat slegs 101 gevalle van seksuele aanranding vir die tydperk April 2020 tot Maart 2021 aangemeld is.
“Dit dui duidelik aan dat sommige van die slagoffers in die steek gelaat is en hulle sal voortgaan om die gevolge te ly terwyl die oortreders voortgaan om vry te lewe sonder gevolge vir hul walglike dade. In die meeste gevalle is tienermeisies wat swanger geraak het die slagoffers van seksuele aanranding en is minder geneig om hoërskool klaar te maak en ‘n loopbaan te volg om hul gesinne te onderhou, omdat hulle nou die realiteit in die gesig staar om die kinders self groot te maak. Uit die 23 226 gevalle van tienerswangerskappe wat aangemeld is, het sommige van die slagoffers van seksuele aanranding en statutêre verkragting om verskeie redes klaarblyklik nie sake geopen nie.
“Hierdie inligting is deur die Gautengse LUR vir Gemeenskapsveiligheid, Faith Mazibuko, bekend gemaak in ‘n skriftelike antwoord op my vrae wat in die Gauteng Provinsiale Wetgewer ter tafel gelê is.
“Volgens LUR Mazibuko, van hierdie sake wat aangemeld is, is 51 arrestasies geraak en slegs 4 skuldigbevindings is gemaak.
“Die feit dat minder sake aangemeld is, minder arrestasies geraak is, en slegs 21 beweerde oortreders borgtog met slegs 4 skuldigbevindings toegestaan is, is duidelik dat die stelsel hierdie kinders in die steek gelaat het.
“Die DA doen ‘n beroep op ouers en voogde, sowel as verskillende belanghebbendes om met staatsdepartemente saam te werk om die oortreders aan te meld om geregtigheid vir ons kinders te verseker. Deur hierdie oortreders aan te meld, sal dit help om tienerswangerskap te beperk en die toekoms van hierdie jong meisies te red.”
“Ek sal aanhou om my stem te gebruik en te baklei totdat minderjarige en tienerkinders geregtigheid kry.
“Die skuldigbevindingskoers van die totale aantal voorvalle is op 0,43% wat groot kommer wek.
“Die DA sal voortgaan om druk op die regering toe te pas om ’n meganisme in werking te stel waar kinders hierdie oortredings kan aanmeld wanneer arrestasies gemaak word, kinders veilig gehou word wanneer vermeende oortreders borgtog kry, en laastens totdat al die mense wat kinders skend skuldig bevind word.”