Skip to main content

Die woordeboek Merriam-Webster het Maandag bekendgemaak dat “vaccine” sy woord van die jaar vir 2021 is.

Die woordeboek het op sy webblad gesê die keuse reflekteer beide die hoop en diepe verdeeldheid wat deur inenting ontstaan het terwyl die wêreld met jaar twee van die Covid-19-pandemie geworstel het.

“Die woord entstof het in 2021 oor veel meer as medisyne gegaan,” het die woordeboek – wat sy besluit gebaseer het op die toenemende belangstelling in die term se definisie – gesê

“Vir baie simboliseer die woord ‘n moontlike terugkeer na die lewens wat ons voor die pandemie gelei het. Maar dit was ook die middelpunt van debatte oor persoonlike keuse, politieke affiliasie, professionele regulasies, skoolveiligheid, gesondheidsorg-ongelykheid, en soveel meer.

Leave a Reply

error: Content is protected !!