Rwanda het die eerste land in Afrika suid van die Sahara geword wat ‘n verbod op inkomende en uitgaande vlugte van en na Suider-Afrikaanse lande ingestel het in die nasleep van die nuwe Covid-19 variant, Omicron.
Dit het gebeur ten spyte van ‘n beroep van die Wêreldgesondheidsorganisasie dat lande daarvan moet weerhou om ‘n algemene reisverbod teen Suider-Afrikaanse lande in te stel aangesien dit ‘n erge impak op ekonomieë sal hê.
In ‘n persverklaring het die land se eerste minister, dr Édouard Ngirente, gesê dat daar na ‘n buitengewone kabinetsvergadering besluit is dat “direkte vlugte tussen Rwanda en suidelike Afrika tydelik opgeskort word”.