Skip to main content

Die wêreld se grootste speelgoedvervaardiger, Lego, het vandag gesê hy sal sy 20 000 werknemers drie ekstra vakansiedae en ‘n spesiale bonus gee ná ‘n jaar van baie ekstra inkomste.

Lego het die vraag na sy kenmerkende plastiekstene tydens die Covid-pandemie sien styg. Die vinnige uitbreiding in China het ook tot die ekstra inkomste bygedra.

Die Deense ongenoteerde familiegroep het ‘n netto wins van byna ‘n miljard Amerikaanse dollar vir die eerste helfte van 2021 gerapporteer.

Leave a Reply