Skip to main content

Die haglike stand van Suid-Afrika se munisipaliteite en ʼn bydraende faktor tot Eskom se geldprobleme word deeglik geïllustreer deur die situasie in Mpumalanga waar die VF Plus vasgestel het dat net tien munisipaliteite se skuld aan Eskom R12,5miljard beloop.

Dit blyk uit ʼn antwoord van Mpumalanga se LUR vir samewerkende regering en tradisionele aangeleenthede (Cogta), Busisiwe Shiba, op ʼn vraag van die VF Plus oor die aangeleentheid.

Die groot sondaar is die eMalahleni-plaaslike munisipaliteit (Kriel, Ogies, Phola, eMalahleni/Witbank) wat R5.5 miljard aan Eskom verskuldig is, maar dit gaan elders nie veel beter nie.

Hieruit blyk dit duidelik dat munisipaliteite die geld wat getroue belastingbetalers aan hulle betaal vir elektrisiteit, nie aan Eskom oorbetaal word nie, maar aangewend word vir ander doeleindes.

Mpumalanga se regering sal dringend moet ingryp en druk plaas op munisipaliteite om hul verpligtinge teenoor Eskom na te kom om te verhinder dat plaaslike ekonomieë ten gronde gaan.

Indien nie, sal hy die verantwoordelikheid moet aanvaar vir die verliese wat sake-ondernemings en inwoners gaan ly indien Eskom besluit om sy dienste aan die onderskeie munisipaliteite te staak.

Die moontlikheid van ingryping deur administrasie is nogtans nie vir die VF Plus ʼn opsie nie aangesien daar reeds herhaaldelik ervaar is dat dit bloot lei tot groter ongerymdhede en wanbetaling.

Leave a Reply

error: Content is protected !!