Die departement van energie het die jongste brandstofprysaanpassings vir Desember gepubliseer, wat hierdie week nog ‘n massiewe styging in die prys van petrol en diesel in Suid-Afrika toon.
Volgens die departement sal die volgende prysveranderings vannag middernag in werking tree:
Petrol 95: verhoging van 81 sent per liter;
Petrol 93: verhoging van 81 sent per liter;
Diesel 0,05%: verhoging van 73 sent per liter;
Diesel 0,005%: verhoging van 75 sent per liter;
Verligte paraffien: verhoging van 42 sent per liter.
Die styging in pryse is te wyte aan ‘n swakker rand en hoër oliepryse gedurende die tydperk onder oorsig.