Skip to main content

Die dwelmhandelsaak teen twee verdagtes, wat vermoedelik ‘n egpaar is, sal vandag in die Kimberley-landdroshof begin.

Die egpaar is Vrydag deur die Valke se SAPD Narkotiese Handhawingsburo en Taktiese Reaksiespan gearresteer omdat hulle na bewering in dwelms handel dryf.

Nomthandazo Mnisi, woordvoerder van die Valke, sê die span het opgetree op grond van inligting rakende dwelms wat in Greenpoint, Kimberley verkoop word.

Tydens die soektog is beslag gelê op 10 gram ‘crystal meth’, drie gram Cat, twee selfone, ‘n skaal en ‘n onbekende bedrag geld.

Die saak word verder ondersoek.

Leave a Reply