Skip to main content

Die debat rondom die berugte sinkgat op die R50 Delmas-pad het onlangs weer op sosiale media vlamgevat.

Die sinkgat het sowat 6km vanaf die R25- en R50-kruising, 16 km Oos van Bapsfontein ontstaan.

In twee afsonderlike gevalle, het motors letterlik binne in die reuse sinkgat beland. Daar was verder beweer dat die veiligheidshindernisse opsetlik geskuif word en dat slagoffers dan beroof word. Die sinkgat was wel vir ’n kort tydjie tydelik opgevul en die pad was oop vir gebruikers, maar is kort daarna weer gesluit.

Motoriste word aangeraai om die pad te vermy, en eerder van ander deurgangroetes gebruik te maak.

Leave a Reply